Sunday 17 January 2016

Jy is kosbaar vir God








Jy is kosbaar vir God!

Miskien voel jy asof jy alleen is in die wêreld,
… asof niemand vir jou omgee nie,
… asof niemand jou verstaan nie …
Miskien voel jy eensaam of bedruk,
… asof die lewe en sy probleme eenvoudig net te veel geraak het en jy nie meer kans sien om so aan te gaan nie!
Weet dit, my vriend: God sien jou raak … God gee om vir jou … Hy wil hê dat dit met jou goed sal gaan.
Jy is kosbaar vir God!
Jesus nooi jou uit:
Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Matt. 11:28
God het jou so lief dat Hy van sy kant af alles moontlik gedoen het om die verhouding tussen julle (wat iewers skeef geloop het) reg te stel:
God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. Joh. 3:16
Jesus self het jou so lief dat Hy nie gehuiwer het om sy lewe vir jou te gee nie …
Dit is dus nie nodig dat jy jou swaarkry verder alleen moet dra nie.
God wil jou help.
Hy kan jou lewe nuut maak …
Wil jy Hom nie nou met jou lewe en toekoms vertrou nie?
Bid dan hierdie eenvoudige gebed en gee jou lewe aan God oor:


Here, ek bely dat ek ‘n sondaar is,
Vergewe my asb alles (noem dit op die naam!) wat verkeerd is in my lewe.
Ek gee nou die beheer van my lewe aan U oor en vra dat Jesus van nou af vir my sal lei op die pad wat U vir my bestem.
Baie dankie dat Jesus reeds die losprys vir my sonde en oortredinge betaal het, en dat U my daarom vryspreek.
Dankie dat ek nou u kind kan wees.

Amen






Jongman Vuurwarm vir JESUS / Facebook

No comments: