Thursday 21 January 2016

Innerlike Vrede








Innerlike Vrede


Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak; want U, o Here, alleen laat my in veiligheid woon. - PS. 4:9 (OV)


Wie van ons is daar wat nie graag in vrede wil gaan lê en meteens aan die slaap raak nie? Soms lyk dit so onbereikbaar, en tog - daar is 'n antwoord. Die antwoord? "Ons Heer," sê die teks. Dis Hy wat ons in veiligheid laat woon - dis Sy liefde in ons hart wat ons laat ontspan en rus vind, en ons die rustige, vreedsame mense maak wat ons so graag wil wees.

Diep in ons diepste heiligdom van krag sal ons Hom vind, en in die stilte van ons gebede sal sy lig ons denke verlig - sy liefde sal ons hart binnevloei, en sy krag sal ons omskep in sterk dinamiese mense, wie se gemoedrus deur niks en niemand versteur kan word nie.

Alles om ons is op die oog af *so* deurmekaar. Ons lewens, ons land, ons wêreld, alles word bedreig, maar as ons vroeg in die oggend ons hand in die hand van ons Heer plaas, as ons laat in die aand met 'n stille dankgebed gaan slaap, veilig toegevou in sy liefde, sal ons "in vrede kan gaan lê en meteens aan die slaap raak.".


Gebed: Ek rus in die vrede van GOD in my en om my.



~ Daelikse Woord ~







No comments: