Thursday 7 January 2016

Ek is by jou








Ek is by jou!


Ek is by jou.  -  Jes. 43:2


Die mens het behoefte aan vriendskap en belangstelling.  Ons wil nie graag alleen wees nie.  Daar kom tye dat ons deur gevare bedreig word en die lewenspad vir ons moeilik word.  Dit is die heerlike voorreg van die gelowige dat God aan hom die lieflike versekering gee:  “Ek is bý jou!”


Dikwels moet ons op onbekende paaie gaan, paaie waarop ons nog nooit was nie – dan is God óók by ons, en neem Hy ons hand en lei ons die onbekende in.  Daar waar die paaie uitmekaar draai en ons nie weet waarheen nie, is Hy stééds by ons!


Ek is bý jou as jou pad te steil word en jou kragte té min.  Ek is by jou op jou bepróéwingspad – Ek néém jou hand en lei jou na die Vaderhuis.




Ds CWI Pistorius  :  My las is lig






No comments: