Tuesday 26 January 2016

Vonkelversie 7



Vonkelversie

Ek wil graag vandag vir jou geskenkies gee !!!
‘n Jas om jou toe te vou teen satan se aanslae
Stewels om jou te beskerm teen dorings op jou pad
‘n Tas om al jou probleme in te pak, sodat jy dit alles na God kan neem
‘n Serpie vol Jesus Liefde om jou toe te draai teen die eina’s van die lewe en
‘n Kroon sodat jy kan onthou dat jy Jesus se kind is




Gebed

My gebed vanoggend vir jou is liefde wanneer jy alleen is, vreugde as jy teneergedruk is, vrede as jy ontsteld is, insig as sake ingewikkeld raak en Hoop as dinge hopeloos lyk.  Jesus ek vra dat U die mens wat hier lees sal vashou elke tree wat hy of sy gee Amen


***Ek is nie bang vir môre nie omdat ek weet dat God alreeds daar vir my wag***


Baie dankie aan Hester Richardson, dat jy dit via epos met my gedeel het.
Jesus seën jou hiervoor!





Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com

No comments: