Tuesday 26 January 2016

Gebed









Here,


Ek loof U vir die belofte dat U vir my alles sal gee
wat ek nodig het om naby U te leef.
Ek wil U graag élke dag ‘n bietjie beter leer ken,
my verhouding met U verinnig en die
riglyne in u Woord na die letter gehoorsaam
sodat ek uiteindelik deel sal kan kry
aan ú Goddelike natuur en
méér en méér soos Jesus sal word.
Dit is my wens dat ek sal groei in die geloof
en dat ú Naam deur my héle manier van lewe
geëer en gróótgemaak sal word.
Ek aanvaar dat *álles* wat ek nodig het van Ú sal kom;
ek erken JESUS as die énigste pad na U toe.
Heilige Gees, léér my hóé ek moet lewe
en wýs my sonde aan my uit
sodat ek dit kan belý en laat staan.
Van nóú af wil ek in dankbare afhanklikheid
van U leef sodat die vrug van ú Gees
dúídelik in my lewe gesien sal kan word.


Amen



Dierbre Jesus Bediening / Facebook



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:

poppieoosthuizen @ gmail.com





No comments: