Monday 18 January 2016

Kind van die Lig









Kind van die lig,

Jy beskik oor die wysheid om alles in
     jou lewe korrek te hanteer;
die vermoë om die regte besluite te neem;
die moed om die verlede agter te laat;
die genade om elke ervaring moedig en
     blymoedig tegemoet te gaan;
die geloof dat jy in die liefde van die
     Vader altyd een is met jou geliefdes;
die insig om die goeie in alles raak te sien –
     die Christus in jou medemens;
die wete, sonder enige twyfel –
     “Sy ewige arms is altyd onder jou.”
God seën jou in hierdie nuwe dag en week,
wonderlike kind van die lig!




~ Daelikse Woord ~





Koningsdogters vir Jesus Bediening / Facebook



No comments: