Friday 1 January 2016

Nuwejaars Gebed








Nuwejaars Gebed



Hemelse Vader,


Aan die begin van hierdie nuwe jaar wil ek U loof
vir u goedheid.
Dankie dat ek in U kan glo,
dat U my liefhet en elke dag vir my sorg.
Ek wil dankie sê dat ek ‘n vrou, ‘n ma en ‘n ouma is –
en vir elke kosbare vriend- en vriendin wat U in my lewe geplaas het.
Dankie dat daar 365 splinternuwe  dae op my wag waarin ek
die lewe kan geniet saam met die mense wat ek só liefhet!
Bewaar my van selfsugtigheid
sodat ek nie net met my eie dinge besig sal wees nie,
maar ook die nood van ander sal raaksien.
Gee vir my ‘n fyn aanvoeling
vir dié mense wat my nodig sal hê.
En, Here, as daar dalk vanjaar vir my swaarkrydae
voorlê, dánkie dat ek kan weet:
Ú is by my, Ú sal my daardeur lei en váshóú.
Gee vir my die krag om die élkedagse pligte
van vrouwees, ma, ouma en vriendin-wees
uit te voer ásóf ek dit vir Ú doen,
sodat ek in dié nuwe jaar
élke nuwe dag met vréúgde kan tegemoetgaan.


Amen





~ Nina Smit ~



No comments: