Friday 15 January 2016

JY IS KOSBAAR EN SPESIAAL VIR JESUS … ღ†ღ








JY IS KOSBAAR EN SPESIAAL VIR JESUS …  


Jesus se briefie vir Sy kinders –

Toe Ek op jou besluit het, was daar soveel vrede, kalmte en liefde in My hart. Ek het geweet hoe jy gaan lyk, hoe jou stem gaan klink en hoe jou glimlag ander mense se harte gaan verander- selfs toe jy nog net 'n gedagte was.

Ek het jou begin vorm in jou ma se skoot. Jou vingerafdrukke lyntjie vir lyntjie getrek en geweet hierdie patroontjie op jou vingertjies sal Ek nooit weer herhaal nie.

Jy is nie ‘n fout nie, want Ek maak nie foute nie. Ek maak net mense na My beeld.

Toe die tyd reg was het Ek jou volmaakte lyfie in jou moeder se arms neergelê. Ek het in jou ogies gekyk, gestaar en geweet Ek het ‘n besonderse mensie gemaak.
Nog nooit het Ek daarna My oë van jou afgehaal nie. Ek het jou gesien opgroei.

In die dag bewonder Ek jou en in die aande sit Ek langs jou bed en kyk hoe jy aan die slaap raak.Soms het daar trane oor jou wange gerol oor gebroke verhoudings, verkeerde besluite en soms sommer net omdat jy soos 'n mislukking gevoel het.

Daar was dae wat jy seergekry het, dae wat mense jou nie verstaan het nie, dae wat jy moedeloos was. Dae wat pyn jou wou vernietig het! Ek het saam met jou gehuil , My hande gehou en jou kosbare trane opgevang.
Ek ken seer, Ek ken pyn. Daar was self ‘n tyd wat mense My nie verstaan het nie, My verneder het, My verwerp het en aan ‘n kruis vasgespyker het, daarom weet Ek hoe jy voel.

Daar was dae wat jy deurmekaar gevoel het en gewonder het wat, waar en hoekom?

Ek wil net vandag vir jou sê, nie een van die foute wat jy gemaak het, het My onkant gevang nie. Ek was nie verbaas nie. Ek weet alles. Ek verstaan alles. Ek sien alles.

Ek kyk nie na jou met oë wat oordeel nie.
Ek kyk na jou met oë van liefde en Ek luister na jou met My hart, omdat Ek ‘n God is wat uit liefde bestaan.

Soms het mense al ‘n verkeerde prentjie van My vir jou geskilder. Ek wil jou nie straf nie.Ek ken jou beter as enige iemand anders.

Ek is lief vir jou.
Jesusliefde!




LiefHanna






Jesus se Dogterkind Bediening / Facebook



No comments: