Wednesday 6 January 2016

Seëninge








Seëninge


Die Here seën sy volk met oorvloed.  -  Ps. 29:11


Kom ons sing saam –


Laat Heer, U seën op ons daal,
U guns uit Sion ons bestraal.
U wat beveel en dit geskied,
Wil, Heer, U seën oor ons gebied.


So  stap ons al singende deur die poort wat ons die eerste paar dae van die nuwe jaar binnelei en met moed en durf begin ons hierdie nuwe jaar, want ons wéét – ons Heer gaan hierdie poort sáám met ons binne – Hy *stap* saam met ons, Hy *sing* saam met ons, en Hy *dra* ons soms wanneer ons net nie meer kan nie!


*Altyd* is Hy daar.  *Altyd* aan ons sy van vroeg in die môre tot laat in die aand, en selfs wanneer ons slaap, waak Hy ook oor ons as volk van Suid -Afrika.  Met oorvloed seën Hy élkeen van ons!  Hy ken élkeen van ons se behoeftes!


Met só ‘n Hemelse Metgesél om hierdie nuwe jaar mee saam te begin, vir *wíé* sal ons dan nog bang wees?  Voor die grootste uitdaging sal ons nog stééds vas staan en aanhou sing, want ons *wéét*:  *Liefde* sélf hou ons hand styf vas,  *Lig* lei ons en rig ons elke tree van die weg wat ons moet gaan, en *Krag* maak ons fier en sterk, wát ookal op ons pad mag kom, en ons volk word met oorvlóéd geseën ... ons moet maar net gehoorsaam bly aan hom, ons sondes bely en as ons afdwaal weer terugkeer na God se weë om Hom te behaag met ons *héle* lewe – *dán* sal Hy weer die hémelse sluise oor ons as Sy volk oopmaak en Sy seëninge sal ons omvou *sónder* enige grense of beperkings.


Vandag, môre en elke dag van ons lewe, sing ons:


“ Laat Heer  U seën op ons daal” ... en ons bly *bíddend*, *smékend* en *dánkend* op ons knieë vir *élke* genadegawe in ons lewe – *hóé* klein of groot dit ookal is!


Gebed:  Ons kan dit maar erken dat ons bewus is daarvan dat ons as Suid-Afrikaners nie reg teenoor U optree nie, dat ons U Vaderhart op vele maniere en oor die jare heen op talle manier seergemaak het.  Het U dalk u hand van seën van ons onttrek?  Is dit dalk die oorsaak van al die elllende – plaasaanvalle, moorde, droogte, armoed ... en so kan my lysie aangaan.  Ons onderhou nie langer die geloftes wat ons voorouers met U  ingestel het nie, gerieflikheidshalwe het ons daarvan vergeet en dit opsy geskuif, maar geniet die vakansiedae  wat dit vervang het,  sommer-maar-net as rus- en ontspanningsdaggies.  Daar word gespot met  Ú, ons Gódsdiens en Geloof  en lewe as Christene – Here moet asb nie vir goed  U rug op ons draai nie?  Wees ons asb genadig en bring  Ú ‘n ommekeer in ons Suid-Afrikaners se lewens?    Laat ons weer U volk wees opreg soos ons voorvaders was.  Álléén kan ons nie as handjievol Christene wat U liefhet nie, maar sáám met U kan ons álles vermag!!  Help ons asb??  Voer U ú mag uit, trek ons terug na U toe en réd ons asb??  In Jesus Naam vra ons dit asb.  Amen



Jongman Vuurwarm vir JESUS Bediening / Facebook







No comments: