Thursday 21 January 2016

My Liefste Kind








My liefste kind,


My kind die foute wat jy gemaak het, bepaal nie wie jy is nie...
Wie jou gemaak het bepaal wie jy is.. en dis EK – jou hemelse Vader
Die prys waarvoor iets gekoop word bepaal die waarde van 'n item...
En die enigste prys waarmee Ek jou kon koop was met My lewe..
Kom kyk vir 'n slag na jouself deur My oë.
Ek ken jou potensiaal.
Ek weet waartoe jy instaat is.
Ek ken die wenner binne in jou.
Ek ken jou mooi hart.
Ek ken jou sagte persoonlikheid.
Ek sien ‘n pragtige mens wanneer Ek na jou kyk..
Dalk was daar dae wat jy gesê het jy glo nie in My nie,
maar Ek sê vir jou: Ek glo in jou!!
Ek wil jou seer wegvat, jou glimlag weer terug sit op jou gesig.
Ek wil jou weer laat glo jy kan.
Ek wil jou optel en styf teen My bors vasdruk en vir jou wys
Ek beplan vir jou ‘n mooi toekoms.
Bly altyd Glo...want dis Hemel op Aarde saam met  My.


Jou Hemelse Vader








No comments: