Tuesday 5 January 2016

Gebed oor my ontrouheid









Hemelse Vader,


Ek bely my ontrouheid voor U.
Vergewe my dat ek so maklik vergeet
van die dinge wat ek ander mense
en ook vir U belowe,
dat ek my beloftes verbreek
sonder dat dit my pla.
Maak my asseblief getrou aan my woord.
Baie dankie dat ek al soveel keer
kon ondervind dat U
absoluut betroubaar is,
dat U nie een van u beloftes
onvervuld laat bly het nie
maar elkeen nougeset nagekom het.
Ek loof U vir u liefde en trou in my lewe.


Amen



Nina Smit  :  Sprankel vir ‘n vrou se gees






Dierbre Jesus / Facebook
Poppie Oosthuizen





No comments: