Saturday 9 January 2016

Luister








Luister


‘n Mens met insig doen kennis op;  wyse mense hou hulle oë oop vir kennis.  -  Spreuke 18:15


Wanneer ek met ‘n vriend of vriendin gesels, praat ek, en ek luister wanneer hy/sy praat.  En wanneer ek met God praat, is dit net ek wat praat, of luister ek ook na wat Hý vir my wil sê?   Vándag gaan ek luister.  Waar ek ookal mag wees óf wat ek ookal mag doen, ek gaan stíl word en na Hom luister.


Sy stem is *só* sag en teer, en dit kan na my toe kom as ‘n diepe oortuiging, of as ‘n skitterende idee.  Of dit kan net ‘n seker wete wees van wat God wil hê ek moet doen of sê.  In Sý lig en liefde is dit ligbring-liefde wat ek ook so oordra aan my medemens.


Hóé sag Sy stem, hóé teer Sy leiding, en hoe gróót die seën wat ek uitdra in Sy liefde en lig wat my lei, élke tree van die weg wat ek moet gaan.


Blý en dánkbaar luister ek na my Heer, en blý en dankbaar volg ek Sý pad van lig, en óngesiene wonders maak my lewe vól en rýk!


Gebed:  Ek lúíster Heer, en volg Ú lig.  Hou my hand styf vas in Ú s’n Heer van my hart.



~ Uit Daelikse Woord ~


  Koningsdogters vir Jesus / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)



Boodskappe beskikbaar per epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @ gmail.com











No comments: