Monday, 29 February 2016
Lê jou planne voor God se voete neer
Het jy alreeds jou toekoms vooruit beplan? Of weet jy nog nie wat jy met jou lewe wil doen nie? Moenie te veel daaroor dink nie. Jou toekos is in God se hande.
Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!
Jeremia 29:11
Vicki Fourie : God lief my
Jesus se Dogterkind / Facebook
Jesus die grootste optimis
JESUS DIE
GROOTSTE OPTIMIS
Christus
is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid. - Kol.
1:27
JESUS was seker die grootste
optimis wat die wêreld óóit geken het.
Wat was die grond van hierdie onblúsbare optimisme? Die wêreld van Sy tyd was tog net so troebel
soos die wêreld van vandag, en tóg het sy stralende Gees alle twyfel, alle
lyding en alle gebrek oorkom. Sy gehéím? Hy het gewéét die koninkryk van God is *bínne-in*
Hom, en as Christus het Hy geseëvier oor alles wat nié van hierdie koninkryk is
nie. En, wat méér is, Hy het gesê die
koninkryk van God is ook binne-in óns, en alles wat Hý doen, kan óns óók doen!
Hy daag ons elke dag uit om
híérdie waarheid ons éíe te maak, en soos Hý óórwinnend te leef, soos Hý pósitief
te bly. Om positief te hóóp op die heerlikheid,
is om met ons gééstesoë te kyk, want *dán* sal ons sien dat daar deur *álles*
wat gebeur ‘n grootse plan besig is om te ontvou – Góds plan om sy koninkryk ‘n
wérklikheid te maak op híérdie aarde.
Pósitief soos Jésus bid ons,
gló ons, en blý ons optimisties!
Gebed: Laat daar Lig wees, Heer, laat *Ú* wil
geskied ...
~ Uit Daelikse Woord
Aangepas ~
♡ Koningsdogters
vir Jesus / Facebook ♡
♡†♡ Aan God
drie-enig, alleen die eer! ♡†♡
(Die
uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet
konneksie. Wanneer daar dus
onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan
word nie.)
Boodskappe beskikbaar per
epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @
gmail.com
Sunday, 28 February 2016
!!! KOM ONS PLAAS WEER SUID AFRIKA IN VADER GOD SE HANDE !!!
!!! KOM ONS
PLAAS WEER SUID AFRIKA IN VADER GOD
SE HANDE !!!
Van geweld sal in jou land
nie meer gehoor word nie – van geen verwoesting of verbreking in jou
grondgebied nie; maar jy sal jou mure Heil
noem en jou poorte Lof. - Jes. 60:18
Ek het ‘n groot stem uit die
hemel hoor sê: “Kyk, die tabernakel van
God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle
God. -
Openb. 21:3
Géén dors of honger sal ons
kwel nie, géén son se hitte ons laat smag, en géén gevaar sal ons ontstel
nie: Die Lam hou *sélf* oor ons die
wag. Ja, in ons midde is *Sý* wóning, en
wie getrou was vind belóning, en wie volhard het, éér en prýs. En wie gekwyn en swaar gekry het hier op
aarde, sal éwig bloei in heerlikheid daar in die hémelparadýs.
Here, skenk aan my en *álmal*
met wie ek vandag in aanraking kom *Ú* vrede.
Vader ek bid vandag in die besonder vir kálmte en vréde oor ons land
Suid-Afrika en oor die héle wêreld. Waar daar vure van haat hoog brand, blus *Ú*
dit sélf, Here. Hou ons land se gebede léwendig en laat ons nie om die eerste draai
van teleurstelling moed verloor en ons
gebede verwaarloos nie, want gebed is
ons gesprek met Ú, en waar U luister na ons versugtinge. Verstérk ons geloof en ons getróúheid aan U
Hemelse Heer. In Jésus kosbare
Naam. Amen
(Lees Jos 24:1-2, 13-18, 25-26 en Joh 1:19-28)
(Geneem
uit Teksboek van die Morawiese Kerk in SA en aangepas)
Koningsdogters
vir Jesus Bediening / Facebook
Saturday, 27 February 2016
'n Hoekie in die hemel
‘n Hoekie in die hemel
Engela begin
een aand haar gebed só:
Liewe Here,
kyk asseblief mooi na meneer Gouws daar in die hemel.
Meneer Gouws
was ‘n vriend van Engela. Hy is in die
week oorlede. Engela weet meneer Gouws
is by Jesus in die hemel, maar sy wil nog steeds met God daaroor praat.
Engela doen
toe nog iets: Sy teken ‘n prentjie van
meneer Gouws se hoekie in die hemel. In
die hemel sal ons alles hê wat ons nodig het.
Daarom teken Engela ‘n prentjie van hoe sy dink dit lyk waar meneer
Gouws in die hemel woon. In haar
prentjie het meneer Gouws ‘n pragtige nuwe, groen grassnyer. Hy het ook allerhande nuwe gereedskap.
Is iemand
wat jy ken ook onlangs dood? Teken dan ‘n
prentjie van hulle hoekie in die hemel.
Om oor te
bid: Praat met Jesus oor vriende of familielede
wat onlangs dood is. Vertel vir Hom hoe
jy voel.
Mary Manz
Simon : Ek en JESUS kuier saam
Jesus se
Kindertjies / Facebook
Friday, 26 February 2016
Troos
TROOS
En mag ons Here Jesus
Christus self ... julle harte vertroos.
- 2 Thess. 2:16, 17 (OV)
Soms gebeur dit dat ons voor
uitdagings te staan kom – álléén.
Niemand kan ons regtig help nie – nie ons fámilie OF vríénde
kan vir ons die antwoorde gee waarna ons soek nie – miskien weet hulle nie éérs
van ons stukkende hart of bang gemoed nie.
Ons staan alleen met ons probleem.
Hóé wonderlik is dit dán om te weet dat daar ÉÉN Persoon is wat ons
kan bystaan en gereed staan met ope arms om ons te help!
Daar is Één wat *presies* weet
wat ons nodig het en dit dan ook onvoorwaardelik vir ons gee as ons Hom diep in
ons hart nader. En hierdie Een? Ons Here Jesus Christus sélf! Hy wat met ons is élke oomblik van élke dag –
Hý kan en sál ons troos: Die sagte
aanraking van Iemand wat weet van ons pyn – die vriendelike drukkie van iemand
wat weet ons voel *só* bitter alleen, die bemoedigende glimlag wat sonder
woorde vir ons sê – “Ek staan by jou.” Dít
is *hóé* Hý ons troos – deur ánder omgee-mense.
Hulle is dan *dáár* vir ons,
en versterk deur hulle Ligbring-liefde, wat deur hulle van ons dierbare Heer af
kom, kan ons wéér opstaan en loop, en die wenpaal van die lewe bereik.
Gebed: Ú liefde, Heer, vertroos my.
Dankie-dankie-dankie!
~ Uit Daelikse Woord ~
♡ Tieners en
Jeug vir Jesus / Facebook ♡
♡†♡ Aan God
drie-enig, alleen die eer! ♡†♡
(Die
uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet
konneksie. Wanneer daar dus
onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan
word nie.)
Boodskappe beskikbaar per
epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @
gmail.com
Hoe kom ek oor die weg met mense?
HOE
KOM EK OOR
DIE WEG MET
MENSE?
Leef in vrede met mekaar.
Beywer julle liewer altyd vir die belange van julle medegelowiges en van
alle mense. - 1 Thes. 5:13, 15
Hoe kom ek oor die weg met mense? Hoe kom ek oor die weg met die mense wat die
naaste aan my is, die mense wat ek vir die heel eerste keer ontmoet, die mense
saam met wie ek werk, en met hulle wat dieselfde belangstellings as ek het?
Ons is dikwels bekommerd oor die toestand waarin ons land of
die wêreld verkeer, ons is erg besorgd oor die optrede van groepe mense of van
nasies en ons verlang na vrede in die wêreld, maar ons vind dit moeilik om oor
die weg te kom met ons familie, met ons bure of met die man by die lessenaar
langs ons.
Vrede begin in onsself.
Ons gebed vir wêreldvrede moet begin met ‘n gebed vir harmonie in ons
eie gemoed en hart en lewe. “Laat daar
vrede op aarde wees en laat dit by my begin.”
As ons wat wandel in die lig – daar is miljoene van ons – sal
toelaat dat vrede by ons begin, kan dit nie anders as om ‘n goeie uitwerking op
die wêreld te hê nie.
Gebed: Ek leef in
vrede met die mense om my en doen my deel om vrede te bring in my land en ons
wêreld.
~ Uit Daelikse Woord ~
♡ Vergifnis is ‘n
Keuse / Facebook ♡
♡†♡ Aan God
drie-enig, alleen die eer! ♡†♡
(Die
uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet
konneksie. Wanneer daar dus
onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan
word nie.)
Boodskappe beskikbaar per
epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @
gmail.com
Thursday, 25 February 2016
Vry
VRY
Julle
sal die waarheid ken die waarheid sal julle vry maak. - Joh.
8:32
As ons die waarheid ken, sal
dit ons vry maak. Wat is hierdie
waarheid dan?
Die waarheid is dat ons kinders
– seuns en dogters van ‘n hemelse Vader is, wat wandel op ‘n helderverligte
pad, met ons drie diamante as ons wapenrusting.
Vry van vrese is ons, want
die helder Lig van die Vader is soos ‘n beskermende skild om ons.
Vry van enige wrywing of
kwade gevoelens is ons, want die allesomvouende Liefde van die Seun bring
liefde waar haat is, vergifnis waar wrewel is, deernis en begrip waar onmin
dreig, en ons is heerlik vry!
En voor die Krag van die
Heilige Gees wat ook ons krag is, kan géén negatiwiteit of dreigende gevare
staande bly nie.
Vry en bly in die heerlike
wonder van ons drie diamante kan ons soos die Arend deur die wolke sweef.
Gebed: Heerlik vry is ek in die waarheid!
~ Uit Daelikse Woord ~
♡ Koningsdogters
vir Jesus / Facebook ♡
♡†♡ Aan God
drie-enig, alleen die eer! ♡†♡
.
Boodskappe beskikbaar per
epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @
gmail.com
Wednesday, 24 February 2016
Ek sing!
EK SING!
Loof
die Here, o my siel! - Ps. 103:1
(OV)
VÁNDAG is ek ‘n *wénner*, want niks wat nie van JÉSUS
se Lig is kan staande bly voor die Alles-deurdringende Lig, Alles-omvouende
Liefde, en Alles-oorkomende Krag van ons Alom-teenwoordige God en Vader van
almal nie!
Jesus het gesê, “dis
die Vader in My wat die werke doen.”
En – “alles wat Ek doen kan júlle ook doen,” want Hy het geweet die
Vader *ín* Hom is óók ín óns, en in sý
Krag, kán ook ons!
Is dit nie genóég om oor te
jubel en te juig nie?! Is dit nie tyd
dat ons Sý woorde aanvaar én die wonder daarvan *uitjubel* en sing nie?! ‘n Lied sal in ons siél ontwaak, wat sal
weerklink oor bérge en dále. Dit sal ‘n
lied van *líg* wees – élke noot hélder in die lig, strélend sag in die liefde
en dáwerend luid in die krag van Vader God wat in ons hart woon!
En almal sal stil staan en
*lúíster*, hul síél sal aangeraak word, die blydskap wat in ménseharte ontwaak,
sal deur *níks* en *níémand* ooit weer uitgedoof kan word nie! Almal sal saamsing tot eer en verheerliking van
‘n Almágtige God en Váder wat die aarde met sy éwige arms omhels.
Gebed: Ek sing en die wêreld sing saam met my!
~
Daelikse Woord aangepas ~
♡ JESUS soetste
soetste NAAM / Facebook ♡
♡†♡ Aan God
drie-enig, alleen die eer! ♡†♡
(Die
uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet
konneksie. Wanneer daar dus
onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan
word nie.)
Boodskappe beskikbaar per
epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @
gmail.com
Monday, 22 February 2016
Jy is geliefd
JY IS
GELIEFD
Moet
Ek self meegaan om jou die rusplek te verskaf?
- Eksodus 33:14 (Ou Vertaling)
Jy is *nóóit* alleen nie. God is *áltyd* mét jou, dwarsdeur die dag is
Hy met jou én in die aand is Hy óók met jou.
Of jy wakker is óf slaap, jy is áltyd in Sý sorgsame teenwoordigheid.
Ómdat God jou liefhet, kan
jy *áltyd* geliefd voel. Ómdat God jou
liefhet, is jy ook in staat om *ánder* mense lief te hê. Ómdat God jou liefhet, is jou hart vol
vreugde en kan jy ‘n *lóflied* sing.
Ómdat jy ‘n *kind* van God
is, ly jy géén geestelike gebrek nie en word jy nie vasgehou deur die verlede
nie. Jy kan rustig voortgaan op die pad
wat vir jou bestem is deur God ons Vader, gevul met *Sý* versekering en met die
seker wete dat jy elke oomblik besig is om te leer en te groei in Hom.
Ómdat God mét jou is, en omdat
Hy *jóú* liefhet, is jy belángrik en nódig.
Jy is *úniek* en wónderlik.
Ómdat God mét jou is, het jy
báie om aan andere te gee. Ómdat Hy jou
*líéfhet*, is jy vandag geseënd en sal jy aanhoudend op verwagte én onverwagte
maniere geseën word in die toekoms.
Gebed: Ek is *nóóit* alleen nie. God is áltyd *róndom* my!
~ Uit Daelikse Woord
Aangepas ~
♡ Jesus se
Dogterkind / Facebook ♡
♡†♡ Aan God
drie-enig, alleen die eer! ♡†♡
(Die
uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet
konneksie. Wanneer daar dus
onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan
word nie.)
Boodskappe beskikbaar per
epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @
gmail.com
Friday, 19 February 2016
Leun op My
LEUN OP
MY
Kom
na My toe ... Ek sal julle rus gee.
- Matt. 11:28
Die boodskap wat Ek vandag
vir julle wil gee – wat julle in julle hart moet inbrand en as stok en staf
moet gebruik, is, ‘Leun op My’, want as julle *dít* doen, sal Mý krag julle dra,
My liéfde julle vertroos en My líg julle lei, élke oomblik van élke dag.
En as julle op Mý leun, as
julle My liefde óók die liefde in júlle hart maak, is Ek in staat om ánder *déúr*
julle seën? Kyk óm julle, en seën jul
medemens met *krág* wanneer hulle gebroke langs die pad sit; met *líéfde* indien hulle éénsaam en van God
en mens verlate voel, en met *líg* indien hulle die pad byster geraak het, tótaal
verlore in die rigtinglose paaie van ‘n lewe sonder lig. *Lig, liefde en krag*, die drie
diamante wat Ek julle gegee het – *gebrúík* dit. Wees ‘n *seën* in vandag se liefdelose lewe,
en júlle sal geseënd wees!
Geliefde, *onthóú*, dis Ék
en jý – dis die vréémdeling langs die pad, dis die sóékende siel. Dis die verwárde mens. Dis die getéísterde land en deurmekáár wêreld
wat *jóú* gebede en hulp *só* bitter nodig het.
Jý kan! Leun net op Mý. My *líéfde* is genoeg vir jóú en álmal om
jou!
Gebed: Ek wil, Heer!
Ek leun nou op U!
~ Uit Daelikse Woord ~
♡ Koningsdogters
vir Jesus / Facebook ♡
♡†♡ Aan God
drie-enig, alleen die eer! ♡†♡
(Die
uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet
konneksie. Wanneer daar dus
onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan
word nie.)
Boodskappe beskikbaar per
epos – kontak my by:
poppieoosthuizen @
gmail.com
Subscribe to:
Posts (Atom)