Saturday 1 December 2012





HELING

Vrede vir die wat ver en die wat naby is, sê die Here;  en Ek sal hulle genees.  – Jes. 57:19  OV

Heer van my hart, ek voel vandag nie lekker nie.  U weet van die pyn, U weet van die seer, nie net in my liggaam nie, maar ook in my hart, en ek vra U, laat U helende krag nou in en deur my straal en dit wat nie in harmonie is met U liefde nie, dit wat nie helder verlig is in U lig nie, nou totaal uitwis.

In die vrede wat net U kan gee, ontspan en rus ek nou, sodat U lewenskrag wat klop in my hart en vloei in my are, lig kan bring, en liefde, deur heel my liggaam heen.

Ek maak my oë toe en ek sien hoe hierdie lig al hoe helderder in en deur my ganse wese begin skyn, en alles uitwis wat nie van die lig is nie – ek sien hoe U liefde my ganse wese in harmonie bring met die wonder van U lewe in my.  Ek glo in U helende krag wat nou alles wat verkeerd is regstel, en ‘n diep vrede wat net U kan gee, vul my hart en gemoed.  Uit die diepte van my hart sê ek, Dankie, Vader, dat U my gehoor het – dankie dat U my altyd hoor.  Dankie vir die wonder van U wat alles wat verkeerd is, reg stel.

Gebed:  U, Heer, maak my nou gesond. Baie, baie dankie!

~ Uit Daelikse Woord ~





No comments: