Saturday 8 December 2012





HELING

Besef julle nie dat julle liggaam ‘n tempel van die Heilige Gees is nie? 
1 Kor. 6:19

Die krag van die Heilige Gees werk gedurig in my en deur my.  Dit is ‘n lewenskrag wat genesing bring en hernuwing.  Met my aandag hierop gevestig, kan uiterlike dinge my nie skade aandoen nie. Na liggaam en gees is ek heel en vry.

Die krag van die Heilige Gees maak my gesond.  Dit is die lewenskrag van God wat voortdurend in my en deur my vloei.  Elke sel, spier en orgaan van my liggaam, werk doeltreffend en in harmonie saam om ‘n gesonde liggaam te verseker onder die invloed van hierdie hemelse stralende lewenskrag.  Om te dink – hierdie krag is binne-in my!  Dit maak my sterk en hernu elke deeltjie van hierdie liggaamstempel.

Die krag van die Heilige Gees maak my gesond.  Hoe groot die blydskap vir hierdie genade-gawe van ons ons dierbare Heer – baie, baie dankie Vader!

Dankie vir die vrede en rus wat nou my gemoed binnevloei, omdat ek oortuig is daarvan dat ek deur die krag van U Heilige Gees in my genees word.

Gebed:  Dankie Heer, vir U wonder-werkende Heilige Gees in my!

~ Uit Daelikse Woord ~





No comments: