Sunday 9 December 2012





ERFDEEL

Maar nou vertrou ek julle aan God toe en die woord van Sy genade.  Die woord is magtig om julle op te bou en julle in die seëningte te laat deel wat Hy aan al die gelowiges as erfdeel belowe het.  – Hand. 20:32

Voel ons miskien dat ons nie altyd kry wat ons toekom in die lewe nie?  Dit is reeds gedagtes en gevoelens soos hierdie wat tussen ons en ons erfdeel as kinders van God staan.

Voel ons dat ons meer behoort te ontvang vir dit wat ons gee?  As ons teen ons sin gegee het of met net een doel voor oë, naamlik om meer te ontvang, sal ons al te seker teleurgesteld wees.

Dit geld ook met liefde.  Gee ons slegs liefde omdat ons graag liefde terug wil ontvang?  Dan het dit tyd geword dat ons moet besef dat ons liefde in oorvloed sal ontvang, as ons die liefde in ons harte onvoorwaardelik deur ons en om ons laat vloei.

Die geheim is net dit, as ons die lig en die liefde waarvan ons harte so vol is, tot seën van ons medemens deur ons laat vloei, sal oorvloedige seëninge uit ‘n Vaderhart vol liefde ons erfdeel wees.

Gebed:  Dankie Heer, vir U erfdeel ook vir my.

~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: