Wednesday 12 December 2012





BID VIR ANDER

Maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.  -  Filip. 4:6

Dierbaarste, vandag het ek vir jou gebid.  Ek het al my drome en ideale vir jou voor God uitgestort.  Ek het Hom gevra om oor jou te waak, om jou toe te vou in Sy grootse liefde en om jou te seën, elke oomblik van elke dag.

En toe, reg in die middel van my gebed vir jou, het ek skielik besef dat God alles wat ek so ernstig vir jou vra, alreeds vir jou gegee het.  Toe verander my gebed en smeking in danksegging:

“Heer, dankie vir U onvoorwaardelike liefde wat hierdie geliefde wat vir my so na aan die hart is, steeds omvou en beskerm.  U liefde so wonderbaar, heel en inspireer, lei en krag gee waar en wanneer nodig, en is ‘n beskermende muur teen alles wat nie van die lig is nie.

En … dankie, Heer, dat ek so my geliefdes, vriende, bure, kennisse, my Ligvriende, ons land en ons wêreld, ook aan U kan opdra in gebed, en rus kan vind in die wete – U HEERS OOR ALLES HEEN!”

Gebed:  Dankie, Vader!  U heers oor alles heen!

~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: