Sunday 9 December 2012





BESKERMING

Hou moed en wees dapper! … want die Here julle God gaan saam met julle. – Deut. 31:6

Wat ons ookal mag deurgaan, die leiding en beskerming van God is altyd daar.  Soms word dit op ‘n dramatiese wyse aan ons openbaar, terwyl ons ander tye geleidelik daarvan bewus word.

Omdat Christus in ons woon, en ons Hom ken op al ons weë, kan niks ooit tussen ons en Sy beskerming vir ons kom staan nie.  Elke keer as ons ons diepste heiligdom in gebed binnegaan, word ons opnuut herinner aan Sy liefde en beskerming vir ons en ons geliefdes.

Dit is in hierdie stil oomblikke van gebed wat ons in die lig van Sy liefde ontspan en rus vind, en dankie sê vir Sy krag en beskerming wat ons elke oomblik van die dag of die nag omvou en beveilig.

Ons vaste geloof in Sy beskermende krag, maak ons vry van alle vrese of gedagtes wat ons daarvan weerhou om ons lewe ten volle te geniet, en met vaste tred ons ideale na te streef.

Gebed:  God beskerm my op al my weë!

~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: