Saturday 1 December 2012





EK HET JOU LIEF

Ja, Ek het jou liefgehad met ‘n ewige liefde.  -  Jer. 31:3  (OV)

Ja, geliefde, Ek het jou liefgehad deur die jare heen, Ek het jou nog steeds lief, en sal jou liefhê so ver jy gaan, want my liefde is ‘n ewige liefde.

Ek het jou liefgehad deur al jou ervaringe.  Ek het jou liefgehad toe jy ver van my af weggedwaal het.  Ek het jou liefgehad toe jy getwyfel het.  Ek het jou liefgehad toe jy nie die pad kon sien nie.  Ek het jou liefgehad toe jy nie in My geglo het nie, en Ek het jou liefgehad toe jy gedink het Ek hoor jou nie.

Ek het jou liefgehad toe jy triomfeer het en toe jy wanhopig was.  Ek het jou liefgehad toe jou hart vol blydskap was en Ek het jou liefgehad toe jou hart gebloei het en daar niemand was om jou te troos nie.

Ek het jou lief met ‘n ewige liefde wat nooit weifel en nooit faal nie.  Ek het  jou altyd en ewig lief.  Ek het jou lief met ‘n ewige liefde wat jou foute ignoreer en net sien hoe jy groei, hoe jou voetstappe uit die duisternis uit die lig in wandel, en hoe jou gees blom.

Onthou, My liefde is ‘n ewige liefde.

Gebed:  God het my lief!

~ Uit Daelikse Woord ~








No comments: