Tuesday 11 December 2012





EEN GOD EN VADER

Daar is net … één God en Vader van almal:  Hy wat oor almal is, deur almal werk en in almal woon.  -  Efes. 4:5,6

As ons na vandag se teks kyk, staan ons stil voor hierdie grootse waarheid.  En ons weet dit is waar, want het Jesus nie hierdie waarheid prakties toegepas nie?

En waar sal ons Hom vind sodat Hy ook sy werke deur ons kan doen?  Diep in sy koninkryk binne-in ons, daar sal ons Hom vind, daar sal ons een word met die wonder van dit wat ons is in Hom.  Ons harte sal Hy seën met sy liefde, ons gedagtes sal Hy seën met sy lig, en daar waar ons woon en werk, sal liefde heers en vrede oorneem, want daar sal lig wees, en insig en begrip.

Here God almagtige Vader – U wat die polsslag van lewe is in alles wat bestaan, U loof ek, en vir U sê ek dankie vir die onderliggende wonder van alles wat bestaan in U.  U Lig wat insig bring in die gedagtes van die mens, U liefde wat vrede bring in die hart van die mens.  Here dit wil ek wees, en dit kan ek wees deur U Gees in my.

Gebed:  U lig en U liefde, dit wil ek wees, Here, elke dag!

~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: