Monday 3 December 2012






OOP DEURE


Kyk, Ek het ‘n deur voor julle oopgesluit en niemand kan dit weer toesluit nie.  -   Openb. 3:8


Ons sal vandag baie deure oopmaak en baie deure sal vir ons oopgemaak word.  Ons sal die deur van ons huis en miskien die deur van ons motor oopmaak.  Die deur van ‘n bus of ‘n trein.  Die deur van ‘n vriend of familielid of die deur  van die plek waar ons werk, kan vir ons oopswaai.  Maar daar is net één deur wat altyd vir óns oop is – die wonderdeur wat ons lei tot binne-in Gods koninkryk, daar waar ons dierbare Heer áltyd op ons wag.

Hóé groot hierdie ongelooflike voorreg vir ons, Gods mensekinders!  Al die wysheid wat ons ooit nodig mag hê, al die insig en begrip wat net sy Lig kan bring, al die geduld en deernis wat net sy Liefde vir ons kan gee, al die moed en durf wat net sy Krag ons kan gee – dit is vrylik tot ons beskikking as ons deur hierdie wonder-deur sy koninkryk binnegaan.

Maar hoe hou ons hierdie deur oop sodat ons enige tyd van die dag met Hom in verbinding kan bly?  Gebéd ontsluit hierdie deur – toewyding en liefde hou dit oop!


Gebed:  Ek bid, en die één wonder-deur bly oop!


~ Uit Daelikse Woord ~



No comments: