Tuesday 11 December 2012





EK IS VRY

Julle is vry … Gebruik dit om God te dien.  -  1 Petr. 2:16

As ‘n kind van God – ‘n kind van die Lig – is ek vry om alles wat skoon en rein en mooi is in hierdie wêreld te geniet, en nog mooier te maak in die heerlikheid van Hom wat in my is!

In die diepste diepte van my siel is daar ‘n plek waar ‘n hemelse melodie onafgebroke weerklink.  ‘n Lied wat rus en vrede bring, wat ookal die omstandighede waarin ek myself mag bevind.  Dit beteken egter nie dat ek van alle verantwoordelikheid onthef word nie – ek moet nog steeds leef soos dit ‘n kind van die lig betaam om te leef, en daarom gebruik ek hierdie geestelike vryheid wat myne is om net dit wat goed en mooi is te skep met dit wat ek sê of doen.

Ek is vry om met my woorde meegevoel en vriendelikheid oor te dra.  Ek is vry om met my gedagtes andere te seën en op te hef.  Vry om met my gebede lig te bring waar ek woon en werk.  Vry om met my vrolikheid andere om my ook te laat lag.  Vry om Gods Lig en Liefde my eie te maak en ten volle uit te leef.  Heerlik vry en mooi is hierdie vryheid in God!

Gebed:  Ek gebruik my vryheid om God te dien!

~ Uit Daelikse Woord ~




No comments: