Thursday 6 December 2012






DANKIE,  VADER!

Ek wil die Naam van God prys met ‘n lied en Hom groot maak met danksegging.  -  Ps. 69:31 OV

Dankie, Vader!   Met ‘n siel wat sing van vreugde nader ek U vandag in die gebed.  U is so goed vir my.

Dankie, Vader!   My hart en siel loop oor van blydskap as ek dink aan al die wonderlike dinge waarmee U my voortdurend seën.

Dankie, Vader!   Ek is so bly oor U liefde wat steeds in my en rondom my vloei, en my en my geliefdes heel en gesond maak.  Deur die oop vensters van my hart vloei U liefde om almal wat my lewe aanraak, te seën.

Dankie, Vader!   Ek is bly, want U wysheid lei my, maak my voorspoedig en helder van begrip.  Dit vloei deur my om ook andere te inspireer.

Dankie, Vader!   Ek is bly, want U lewe hernu my en vul my met stralende energie.  Ek is oop en ontvanklik vir U lewenskrag, U liefde en wysheid om steeds in my en deur my te werk en te straal.  As U kind van lig, is U goedheid ook deur my tot seën van my medemens.

Gebed:  GOD IS SÓ GOED  VIR MY!

~ Uit Daelikse Woord ~



No comments: