Saturday 8 August 2015

As ek kniel voor die Heer





As ek kniel voor die Heer,


En vir die Here sê: “Ek het so seer!
O Heer U weet, ek kan net nie meer.”
Dan hoor ek hoe sê die liewe Heer:
“Kom sit hier by my, bring jou seer,
Kom sit jou las en pyn by my voete neer.”

As ek vandag by die Here kla,
Sal ek sê: “Ek is so jammer om te pla!
Maar die las word te swaar om te dra.”
Dan sê die liewe Heer: “Jy mag maar kla.
Jy mag maar aanhou om vir my te vra!
Ek sal jou wel die krag gee om jou kruis te dra.”

En as ek vanaand my hart leeg huil,
Vir die Here vra dat my boot op kalm water seil.
Vir die Here vra vir ‘n hoekie om te kan skuil.
Sal die Here sê: “Jy sal weer op kalm water seil.
Jy mag maar jou leed op My skouer uithuil.
By my is daar rus, ‘n plek om te kan skuil.”

“Here, my hart is in ‘n knoop gebind!
Ek is moeg baklei teen hierdie sterk wind!
Ek wil tog net weer rus en vrede vind.”
Die Here sê: “Jy is mos My lieflingkind.
Jy is met My anker van liefde gebind!
Raak stil. Raak rustig! Jy sal weer vrede vind!”

Dankie my liefste Heer!!! Amen



~ Skrywer onbekend aan my ~

  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!