Saturday 8 August 2015

Harmonie





HARMONIE


Bo dit alles moet julle mekaar liefhê.  Dit is die band wat julle in volmaakte eenheid saambind.  -  Kol. 3:14


Jesus het in harmonie met allerhande soorte mense saamgeleef.   Hy het miskien nie altyd met diegene om Hom saamgestem nie, maar Hy het elkeen deur die oë van liefde gesien.

Kan ék ook met iemand anders verskil sonder om beledigend te wees?   Natuurlik kan ek!  In enige verskil van opinie wat daar mag opduik tussen my en my familie, ‘n vriend, medewerker of buurman, kán ek kalm bly.

En dit doen ek deur Christus wat in my woon.  In Sy liefde is ek taktvol, vriendelik en liefdevol.  Ek kyk met respek na andere se idees, en besef dat elke mens die reg het om sy eie opinie omtrent ‘n saak te hê.

Van Christus tot Christus kommunikeer ek met my medemens.  Die Christus in my raak die Christus in hulle aan, en sonder dat hulle dit eintlik weet, reageer hulle op die liefde waarmee ek hulle benader.

Ek kyk met die oë van liefde na my medemens, en harmonie heers in my lewe.


Gebed:  Ek kyk na andere met oë van liefde.



~ Uit Daelikse Woord ~