Friday 14 August 2015

Om lief te hê





OM  LIEF  TE  HÊ


Julle moet mekaar liefhê!  -  Joh. 13:34


Die dissipels van Jesus was nie geken deur magtige werke nie, al het baie van hulle dit wel gedoen.  Nie deur wonderwerke van genesing was hulle bekend nie, al het baie van hulle dit verrig.  Ook was hulle nie bekend vir groot en goeie toesprake nie, al was sommige van hulle daartoe in staat.  Hulle was bekend en hulle was herken as dissipels van Jesus deur die liefde wat hulle uitgeleef het.  “As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”

Miskien wens ons dat ons magtige dade kon verrig, wonderwerke van genesing kon doen, welluidende woorde kon spreek of op die een of ander merkwaardige wyse tot diens kon wees.  Ons grootste prestasie is egter om die liefde van God uit te leef.

Jesus het ook gesê: “Ek gee julle ‘n nuwe gebod:  Julle moet mekaar liefhê.  Soos ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê.”

As ons liefde teenoor mekaar betoon, vervul ons die groot verwagting van Christus.


Gebed:  Ek dien Christus deur ander lief te hê.


~ Uit Daelikse Woord ~


  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!