EK DOEN WAT EK KAN
Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor. - Ps.
91:15
Heer van Liefde,
Ek bring aan u almal wat genesing na liggaam, siel en
gees nodig het. Ek weet dat U lewenskrag
altyd daar is om te heel en te genees.
Ek doen wat ek kan, en glo in die wonder van U
lewenskrag in hulle.
Heer van Liefde, ek bring aan U almal wat ‘n behoefte
daaraan het om andere beter te verstaan.
Ek weet dat U lig wat insig en begrip bring, deur hulle en vir hulle
skyn. Ek weet, as daar iets is wat hulle
moet doen of iets wat ‘n ander vir hulle moet doen, U lig dit sal openbaar.
Ek doen wat ek kan, en glo in die wonder van U helder
lig in hulle en om hulle.
Heer van Liefde, ek bring aan U die vreemdeling, die
een wat ek as “anders” beskou, ook die een wat ek as my vyand beskou. Ek weet dat U liefde ook daar is vir
hulle. Ek kan op U liefde vertrou om die
mooie in hulle na vore te bring – ook in my – en om ons te leer om om vriende
te wees.
Ek doen wat ek kan, en glo in die wonder van U liefde
in ons.
Gebed: Heer van
Liefde, ek doen wat ek kan.
~ Uit Daelikse
Woord ~
✉
: Dierbre Jesus @ Facebook ♡
♡†♡ Aan God die drie-enige, alleen die eer! ♡†♡
poppieoosthuizen @
gmail.com
No comments:
Post a Comment