LEWE IN OORVLOED
Ek het gekom sodat hulle die lewe
kan hê, en dit in oorvloed. - Joh. 10:10
Die waarde van die stralende lewe van God ken géén perke nie. Dit is ‘n konstante stroom van hélende, hernúwende
lewe. Vanuit ‘n fontein díép in ons
versteek, vloei dit ín en deur ons héle wese.
Deur ons gebede, ons dankélof aan ons Skepper, word híérdie lewenstroom
daagliks versterk.
Ons sê dankie vir híérdie stralende lewe, en ‘n fóntein
van vreugde ontspring in ons hart. Níks
is te nietig en te klein om ongesiens by ons verby te gaan en geniet te word
nie. Seëninge van líg en líéfde en krág
maak ons lewe vól en móói.
Dánkie dierbare Heer, vir die wonder van Ú lewenskrag.
Ons is één met die stralende lewe van God wat immer ín
en déúr ons vloei. Die lewe wat in sóveel
oorvloed aan óns gegee is, is ‘n gawe wat ons ook déél met ons medemens, en opnúút
dink ons aan die woorde van die parapleeg:
“Ek het vir álles
gevra sodat ek die lewe kan geniet –
die léwe is aan my
gegee sodat ek alles kan geniet.”
Gebed: Dánkie,
Heer, vir die gawe van Ú lewe.
~ Uit Daelikse
Woord aangepas ~
✉
: Koningsdogters vir Jesus Page @
Facebook ♡
♡†♡ Aan God die drie-enige, alleen die eer! ♡†♡
mamma333 @
gmail.com
No comments:
Post a Comment